Laerskool Wesbank
Picture
Die skool bied 'n wye verskeidenheid van verenigings en sportsoorte aan sodat elke leerder die geleentheid kan kry om deel te neem waarin hy of sy belangstel. 
Die klem word op deelname geplaas en ons poog om almal aan wedstryde te laat deelneem
.

Picture
Somer:
Atletiek, Tennis, Krieket, Swem en Tweekamp 

Winter:
Rugby, Netbal, Hokkie (seuns en meisies) en Tennis

Die skool se sportspanne is daarvoor bekend dat hulle baie netjies voorkom en uiters goed presteer.  Verskeie deelnemers verteenwoordig die skool jaarliks in die SWD-spanne. Gedurende 2012 het 47 leerders provinsiale kleure ontvang.

Elke jaar word 'n O.13A- en O.13B-span toer onderneem. Rugby, netbal en hokkie word betrek. Die 0/9 en 0/11 - rugbyspanne toer ook elke jaar en in 2012 het ons leerders deelgeneem aan 'n Tennistoernooi by Sun City.

Die skool betrek kundige afrigters en verseker dat elke speler en span die beste afrigting kry. Dit is vir ons belangrik dat elke speler moet kan ontwikkel in die sportsoort van sy of haar keuse.

Picture
Picture
Picture

Picture
Vir buitelugopvoeding gaan leerders elke jaar op 'n 3-dag kamp waar die volgende aangespreek word:

Graad 5: Ekologie van die Klein Karoo
Graad 6: Omgewingstudie
Graad 7: Lewensvaardighede
 
Picture
Leierskapontwikkeling

Die skool het 'n unieke leierskap- en monitorstelsel wat alle leerders in graad 7 betrek.

'n Leerderraad bestaande uit 20 leerders en 4 hoofleiers word elke ses maande deur die leerders alleen gekies. Hierdie leerders ontvang intensiewe opleiding in leierskapsvaardighede. Hulle vervul 'n belangrike rol in die skool.

Die doel is om vir elke graad 7 leerder die geleentheid te bied vir ware ontwikkeling van elkeen se persoonlikheid, leierskappotensiaal en inisiatief.


Picture
Picture
Kliek op fotos vir groter weergawe.
Powered by Create your own unique website with customizable templates.