KUNSTEFEES: SATERDAG 8 APRIL 2017 – SATERDAG 15 APRIL 2017 - WOONWAPARK : LAERSKOOL WESBANK - VREDESTRAAT : OUDTSHOORN
U kry nou reeds die geleentheid om aansoek te doen vir 'n staanplek. Ons sal die besprekings vir die gegewe tydperk plaas. U sal kennis ontvang oor watter staanplek en tydperk aan u toegeken is.
Ons sal van u verwag om voor einde Januarie 2017 die helfte van die besprekingsgeld as deposito te betaal ten einde u plek te verseker. Die res van die geld moet voor 1 Februarie 2017 betaal word.
Die groot gerief van die woonwapark is dat dit stapafstand van die kern van al die feesbedrywighede is.
Van ons skool se onderwysers en werkers sal voortdurend 24 uur op die terrein aan diens wees. Ons kan ondanks hierdie reëling egter nie aanspreeklikheid aanvaar vir enige verlies van persoonlike eiendom nie.
STAANPLEK:
~‘n Staanplek kos R180,00 per dag vir een tot vier persone. ‘n Maksimum van ses persone per staanplek word toegelaat en ‘n addisionele koste van R50,00 per persoon per nag word gehef indien u die voorgeskrewe getal oorskry. (Die verhoging is te wyte aan hoë munisipale kostes en omdat alle kampeerterreine saam oor die tariewe besluit het.)
~Daar word slegs een motor per staanplek toegelaat. Ekstra voertuie moet op ‘n afgebakende parkeerterrein parkeer.
~Daar is geen elektrisiteit by staanplekke beskikbaar nie.
~Geen troeteldiere word toegelaat nie.
~Geen waterdigte grondseile nie asseblief.
~Die volle bedrag moet met bespreking betaal word.
~Geen privaathandel mag op die terrein plaasvind nie.
BAIE BELANGRIK
Ons het toenemend probleme ondervind tydens die vorige kunstefeeste met jong kinders wat sonder ouers se toesig kom kamp het. Dit het tot probleme gelei (veral snags) en ons kon nie op die ouers se samewerking/toesig staatmaak nie, omdat hulle elders gehuisves was of glad nie eers die fees bygewoon het nie. Hulle was dus nie bereikbaar wanneer probleme ontstaan het nie. Ons het gevolglik besluit dat die persoon wat die bespreking doen, persoonlik op die staanplek moet kampeer. Geen uitsonderings sal gemaak word nie. Ons behou die reg voor om persone wat hulle aan wangedrag skuldig maak, van die perseel te verwyder sonder enige terugbetaling van gelde.
Hierdie drastiese stap word geneem om vir al ons besoekers die beste diens te lewer. Dankie dat u sal verstaan en u samewerking sal gee.
KLEEDKAMERS
Die volgende geriewe is beskikbaar:
DAMES MANS
5 storte (warm water) 5 storte (warm water)
5 toilette 4 toilette
6 wasbakke (warm water) 6 wasbakke (warm water)
BRAAIGERIEWE
Braaidromme sonder roosters sal voorsien word. Hout en ys sal op die kampterrein te koop wees.
STAANPLEKOns kan u ongelukkig nie verseker van dieselfde staanplek wat u by die vorige fees by ons bespreek het nie. Skryf u voorkeure by **Opmerkings**. Ons sal egter probeer om aan u versoek te voldoen.
BETALING
KEUSE 1
KEUSE 2
Indien u enige navrae het, kontak mev. Spies by 044 – 2791731 (w), 044 – 2728525 (h),
082 890 7175 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

- Kragpunte vir haardroërs is wel in kleedkamers beskikbaar. Daar is geen wasgeriewe vir (klere) beskikbaar nie.
- 2 Gaswarmwatersilinders is aangebring.
BRAAIGERIEWE
Braaidromme sonder roosters sal voorsien word. Hout en ys sal op die kampterrein te koop wees.
STAANPLEKOns kan u ongelukkig nie verseker van dieselfde staanplek wat u by die vorige fees by ons bespreek het nie. Skryf u voorkeure by **Opmerkings**. Ons sal egter probeer om aan u versoek te voldoen.
BETALING
KEUSE 1
- VOLLE BEDRAG MET AANSOEK
KEUSE 2
- VOOR EINDE JANUARIE DIE HELFTE VAN DIE BESPREKINGSGELD AS DEPOSITO.
- RES VAN GELDE IS BETAALBAAR VOOR 1 FEBRUARIE 2017.
Voorkeur sal gegee word aan persone wat vir die volle week wil kampeer.
- Indien u van elektroniese betalings gebruik maak, moet u asseblief die inbetaalstrokie en inskrywingsvorm, met u naam en "KKNK" baie duidelik daarop, aan ons faks by 044 – 272 0474.
BANKREKENING: NEDBANK
REKENINGNAAM: WESBANK INKOMSTE REKENING
REKENINGNOMMER:162 602 5614
TAKKODE: 162 645
VERWYSING: U VAN EN "KKNK" (BV. HANEKOM KKNK)
Indien u enige navrae het, kontak mev. Spies by 044 – 2791731 (w), 044 – 2728525 (h),
082 890 7175 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].
Kliek HIER vir aansoekvorm