Die skool gebruik die koshuis van Langenhoven Gimnasium, wat spesiaal ingerig is vir laerskool leerders. Bykans 60 leerders van ons skool vanaf gr. 1 tot 7 is deel van die koshuis.
|
Die koshuis is in ‘n kindervriendelike omgewing wat baie aan ‘n plaasomgewing herinner. ‘n Onderwyseres van ons skool sien toe dat die ou kleintjies gelukkig is en goed versorg word.
Die leerders se tuiswerk word daagliks gekontroleer by die koshuis. Ons skool het in samewerking met die koshuis ‘n rekenaarsentrum in die koshuis geskep wat die leerders help om hul take en navorsingswerk te doen. |