Die Preprimêre Skool is 'n onafhanklike skool met sy eie Beheerliggaam. Die skool is geleë op die terrein van Laerskool Wesbank en vorm 'n integrale deel van die Laerskool.
Die skool het op 1 Januarie 1998 met 80 kleuters geopen. Die personeel bestaan uit 'n skoolhoof, me Marietjie Potgieter en drie onderwyseresse, me Cara Maree, Joanie Gouws en Hanneke Fourie. Die skool beskik oor drie graad R-klassies en een klassie van 5-jariges. Elke klassie het ook 'n klasassistent wat die onderwyseres bystaan in haar werk met die kleuters.
Die skool bied ook 'n voldagversorgingsprogram aan wat nasorgfasiliteite en 'n middagete vir die kleuters insluit. Me. Rika van der Rijst behartig die nasorg op die skool se eie terrein.
Die skool beskik oor die heel modernste apparaat en fasiliteite beskikbaar vir onderrig. Die kleuters het ook die voordeel dat hulle een keer per week rekenaargesteunde onderrig in die laerskool se rekenaarsentrum ontvang. Hulle word rekenaarvaardighede aangeleer en doen Wiskunde op die bekende Cami-program.
Die buitespelapparaat bied 'n baie groot verskeidenheid en is deeglik beplan om in die kleuters se behoeftes te voorsien.
Hierdie Preprimêre skool is vandag beslis een van die gewildste skole in die Suid-Kaap omdat die skool uitstekend bestuur word en oor baie knap personeel beskik.
"Die kindervriendelike skool en omgewing is een van die grootste bates van die Laerskool."