Laerskool Wesbank
Terug na Akademie
Grondslagfase

Die belangrikste kenmerke van die skool se Grondslagfase is:
•  Moderne en kleurvolle klaskamers toegerus met ‘n rekenaar per klas.

•  Ervare en dinamiese onderwyseresse wat almal baie goed opgelei is in
    die nuwe onderrigbenadering.

•  Verryking t.o.v. Wiskunde en Leesonderrig. 


•  Elke gr. 1-klas beskik oor ‘n opgeleide klasassistent wat hulp aan die

    onderwyseres en leerders verleen. 

•  Deelname aan alle sportsoorte wat in die skool aangebied word. 


•  Uitstekende apparaat en geriewe. 


•  'n Doeltreffende leesprogram gekoppel aan ‘n beloningstelsel. 


•  Rekenaargesteunde onderrig gedurende skooltyd en weeklikse

   deelname aan die wêreldbekende Cami-Wiskunde, -Lees en 
    Perseptuele program. 

Kwartaallikse opvoedkundige uitstappies word onderneem. 
Die Grondslagfase leerders bied elke drie jaar ‘n konsert op die skool se afsluitingsfunksie aan. 
Die onderwyseresse skakel voortdurend met die Preprimêre onderwyseresse t.o.v. skoolwerk en hulpverlening aan leerders. 


Picture
Picture
Picture
Picture
Picture
Powered by Create your own unique website with customizable templates.