Laerskool Wesbank is vir die vierde jaar ná mekaar met ‘n spesiale toekenning vir uitnemendheid deur die Wes-Kaapse Minister van Onderwys vereer.
In 2012 is die skool se Grondslagfase en Intermediêre Fase aangewys as die toppresteerder in Geletterdheid in die Suid-Kaap.
In 2011 is die skool aangewys as die beste presteerder in Wiskunde in die Suid-Kaap en een van die top tien presteerders in die Wes-Kaap.
In 2010 is die skool se Intermediêre Fase (gr. 4 – 6) vir sy algehele prestasie in geletterdheid en gesyferdheid vereer.
In 2009 is die skool se Grondslagfase aangewys as die beste in die Suid-Kaap en een van die beste vyf skole in die Wes-Kaap. Die toekennings van die afgelope vier jaar is gegrond op die skool se puik uitslae in die jaarlikse toetsing van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement. Altesame 1 066 skole se leerders word aan dieselfde toets onderwerp om die gehalte van onderrig te bepaal en te verbeter.
Die skool is as die beste presteerder in die Suid-Kaap aangewys en is onder die top 10 presteerders in die Wes-Kaap.
Die onderstaande tabel gee ‘n aanduiding van die skool se uitstekende prestasie vir 2012 in Wiskunde en Geletterdheid.
Volgens die skoolhoof, mnr Alewyn Hanekom, is duidelik dat ons skool se leerders uitstekende onderrig ontvang en dat hulle gedissiplineerd werk. Hulle is gefokus op hul werk en trots op hul skool.
Hy het verwys na die onlangse woorde van die Wes-Kaapse premier, me Me Helen Zille, dat puik prestasie in skole en die onderwys afhang van drie belangrike dinge, naamlik puik onderwysers, doeltreffende bestuur en betrokke ouers.
“Ons is dankbaar dat ons skool uitstekende onderwysers het, goed bestuur word en ouers het wat by hul kinders betrokke is."
Die personeel is daarop ingestel om die leerders vir goeie werk te beloon. ‘n Omvattende beloningstelsel tot voordeel van elke leerder word daagliks geïmplementeer. Indien ’n leerder ‘n sekere getal belonings ontvang het, kry hy ‘n gratis ete in die Spur.
Ghoeroe toekenning vir leerders wat beloon word vir akademie en goeie maniere.
'n Liefdevolle hart is die oorsprong van alle kennis. - Thomas Carlyle