Laerskool Wesbank
  • www.laerskoolwesbank.co.za
Picture
Picture

 

Picture
Die Nasorgsentrum is op die skoolterrein in vyf lokale wat baie gerieflik vir die leerders ingerig is. Die Nasorg is so beplan dat dit 'n integrale deel van die skool se organisasie vorm. 

Die nasorg begin onmiddellik nadat die skool vir die graad 1 - leerders sluit. Hierdie leerders bly gratis by die nasorg totdat hul ouers hul gedurende middagete kom haal. 

Die res van die leerders bly in die middag by die nasorg. Hierdie leerders doen hul huiswerk onder toesig van die onderwyseresse. Hulle skakel ook ten volle by die skool se sportprogram in. Die leerders wat nie aan sport deelneem nie mag gedurende die middag onder toesig in die skool se rekenaarsentrum gaan werk.  Die nasorg sluit om 17:30.

Die skool voorsien gebalanseerde middagetes teen 'n baie billike tarief aan die leerders indien hulle dit verlang. Hierdie etes is baie gewild onder die leerders en onderwysers.

Indien u in die nasorg belangstel, is u welkom om die sekretaresse by die skool te skakel.

Die nasorgsentrum is een van die skool se menige suksesverhale omdat die leerders goeie sorg ontvang.


KOSHUISLEERDERS

Die skool maak gebruik van Langenhoven Gimnasium se koshuisfasiliteite.  ‘n Aparte koshuis (Aristo) is vir die Laerskoolleerders geskep.

Lees Meer...
Picture
  
Picture
Picture
Die verskil tussen die gewone en die buitengewone, 
is daardie klein ietsie ekstra...
- Jimmy Johnson
Powered by Create your own unique website with customizable templates.