Rekenaargesteunde Onderrig
Laerskool Wesbank word in 2003 deur die Nasionale Onderwys-departement aangewys as die 2de beste rekenaarskool in Suid-Afrika.
Wesbank beskik oor twee rekenaarsentrums met 100 rekenaars wat d.m.v. 'n Windows netwerk bedryf word. Hierdie sentrums is vandag van die grootste en modernste in die Wes-Kaap. In elke klaskamer vanaf gr. 1 tot 7 is 'n rekenaar gekoppel aan die netwerk en 'n televisie. Hierdie apparaat word gebruik vir interissante onderrig in die klaskamer. Die eerste van sy soort in die Wes-Kaap en S.A. Die leerders ontvang een uur rekenaargesteunde onderrig per week. Aandag word gegee aan Woordverwerking, Powerpoint, Excell, E-pos, en Publisher. Office 2000 en die gebruik van Internet word vanaf graad 3 aan alle leerders onderrig. Elke leerder ontvang ook 'n uur onderrig per week op die bekende Cami Wiskunde- en Leesprogram. Die rekenaarsentrum is beslis die gewildste plek in die skool en word elke oomblik van die dag ten volle benut. Die leerders geniet die navorsingswerk op Internet en gebruik die webtuistes om hul take en projekte te doen. Die skool beskik oor twee interaktiewe witborde wat in die Wiskunde en Tegnologie klasse gebruik word om die leerders aktief by die onderrig te betrek. Die Tegnologieklas is omskep in ‘n interessante werkplek waar gewerk en geskep kan word. Die skool beskik ook oor 'n rekenaarklub wat deur 'n gekwalifiseerde onderwyseres in die middae beheer word. Leerders ontvang individuele onderrig om sodoende hul rekenaarvaardighede te verbeter. Leerders word met take en vakverwante werk gehelp. Baie dankie aan ons borg Brilliant computers - Oudtshoorn, vir die installasie, puik diens en instandhouding van ons rekenaarsentrum. Lees Meer... |
Ontvang 'n toekenning van die Minister van Onderwys vir:
Tegnologies gevorderde leer- en onderrigmetodes |