Uittreksel:
"Baie geluk met die hoë standaard van praktiese werk wat u in die skool doen. Ons is veral opgewonde oor die kreatiewe werk wat met behulp van verskeie rekenaarprogramme gedoen is.
Dit is veral verblydend om te sien dat u skool die sprong gemaak het van "rekenaargeletterdheid ter wille daarvan dat leerders iets van die rekenaar leer" na die "gebruik van inligtingstegnologie as hulpmiddel in die leerproses." Dit is duidelik dat daar in elke skoolfase en in bykans elke skoolvak aandag gegee word aan die gebruik van IT om denkprosesse te stimuleer, probleme op te los en kreatiewe werk by leerders te ontlok.
Ons is van mening dat die belegging wat die ouers van u skool in rekenaartegnologie gemaak het, uitstekend aangewend word om die leerproses te bevorder. Die Laerskool Wesbank is sonder twyfel die skool in Suid-Afrika wat van die verste gevorder het met die integrering van IT as hulpmiddel in die klaskamer. Wesbank sal in dié opsig ook nie hoef terug te staan vir enige ander skool in die land nie."