Senior fase
Die skool het bekendheid verwerf vir sy baie hoë akademiese standaard. Die personeel streef voortdurend daarna om op akademiese gebied te vernuwe en op die voorpunt van ontwikkeling te wees. Die leerders presteer elke jaar uitstekend in die Wiskunde Olimpiades. Verskeie leerders het die olimpiades reeds op streekgebied gewen. Ses leerders was die afgelope twee jaar onder die eerste drie presteerders in Suid-Afrika. Voorwaar ‘n puik prestasie wat ‘n weerspieëling is van die skool se akademiese ingesteldheid. Elke klaskamer is toegerus met ‘n rekenaar wat aan ‘n grootskerm televisie gekoppel is om aanskoulike onderrig te gee. Dinamiese opvoeders wat kenners van hul leerareas is en die leerders se belange voorop stel. Die personeel is daarop ingestel om die leerders vir goeie werk te beloon. ‘n Omvattende beloningstelsel tot voordeel van elke leerder word daagliks geïmplementeer. Indien’n leerder ‘n sekere getal belongings ontvang het, kry hy ‘n gratis ete in die Spur. |
|